Die Troue van

Annemi & Dylan

#ScholtzCelebration

Bruid

Annemi de Bruin

Bruidegom

Dylan Scholtz

Ons Storie

’n Stil begin en ’n liefde wat groei

Ons storie het stil begin, nie met ’n groot oomblik nie, maar met ’n eenvoudige gesprek op sosiale media aan die einde van 2018. Wat aanvanklik net woorde op ’n skerm was, het stadig maar seker iets dieper geword. Op 1 Februarie 2019 het ons mekaar vir die eerste keer ontmoet, en die volgende dag het Dylan die “Sal jy my meisie wees?” vraag gevra. Van daardie oomblik af het iets in ons harte geweet, hierdie is die begin van iets besonders.

Ons het egter van die begin af geweet dat ons verhouding baie uitdagings sou hê. Die afstand tussen ons, het ons albei laat dink dat dit dalk nie lank sou hou nie, maar God het ander planne gehad. Waar ons onseker was, het Hy begin bou en waar ons getwyfel het, het Hy begin lei.

Na matriek het Annemi die groot stap geneem om na Dylan toe te trek. Ons het ’n lewe begin bou en saam oor ons toekoms gedroom. Ons liefde was nog altyd eg, vol respek en omgee, maar tog was daar ’n leemte wat ons nie heeltemal kon beskryf nie.

’n Lewe gewortel in geloof

In 2024 het alles verander, waar ons saam besluit het om doelbewus ’n pad met die Here te begin stap. Ons het God eerste geplaas, in ons individuele lewens en in ons verhouding. Daardie besluit het nie net ons verhouding versterk nie, maar ons hele lewe verander. Op 20 Maart 2024 is ons gedoop, en dit bly een van die mooiste en belangrikste besluite wat ons nog gemaak het. Van daardie dag af was dit duidelik, ons stap nie meer alleen nie.

Net ’n paar maande later, op 23 November 2024, het Dylan die groot vraag aan Annemi gevra om die res van hulle lewe saam te stap, ’n oomblik gevul met dankbaarheid, vreugde en die vaste wete dat hierdie liefde diep gewortel is in geloof.

’n Gesin wat groei en ’n toekoms met hoop

Ons gesin het in Februarie 2025 begin groei toe ons, ons eerste hond baba, Luna, verwelkom het. Sy het ons harte kom vul, en kort daarna het ons mekaar oortuig dat Luna ’n maatjie nodig het en so het Thor vroeg in Augustus 2025 deel van ons gesin geword. Hulle is ons honde babas, ’n groot deel van ons daaglikse vreugde, en daarom het hulle ook ’n spesiale plek op ons troue en in ons harte.

Vandag kyk ons terug met dankbaarheid en vorentoe met opgewondenheid. Ons vertrou die Here volkome met ons toekoms en glo vas dat Hy ’n groot seën oor ons huwelik het. Wat as ’n eenvoudige gesprek begin het, het gegroei tot ’n liefde gebou op geloof, vertroue en genade.

En nou, kies ons mekaar, vir altyd. 🖤

Datum

Saterdag, 04 Julie 2026

Venue

Simbali Lodge & Function Venue

Seremonie

15:00

(Gaste arriveer teen 14:30)

Kleredrag

Formeel

Tot ons sê "I Do"

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Kleredrag

Ons nooi julle om saam met ons die dag stylvol en elegant te vier.

Die kleredrag is Black Tie / Formeel, met die doel om ’n tydlose en verfynde atmosfeer te skep.

Sien aanbevelings en nie-toelaatbare kleredrag hieronder. Gebruik asseblief die kleurpalet en voorbeelde as ’n riglyn, ons sal julle samewerking opreg waardeer.

Damesdrag

Formele en elegante aandrok / kleredrag word versoek

Mansdrag

Formele aandpak word versoek

Voorbeelde vir Dames

Die voorbeelde dien slegs as ’n riglyn. Jy kan enige winterskakerings kies, solank dit by die kleurpalet hierbo pas.

Voorbeelde vir Mans

Die voorbeelde dien slegs as ’n riglyn. Jy kan enige winterskakerings kies, solank dit by die kleurpalet hierbo pas.

Venue & Rigtings

Simbali Lodge & Function Venue

Plot 75 Klipkop, Tierpoort, Pretoria, 0056, South Africa

Akkommodasie

Ons het ’n paar geselekteerde akkommodasie-opsies naby die venue beskikbaar vir gaste wat graag wil oorslaap. Hierdie opsies is gerieflik geleë en ideaal om die dag rustig en sonder haas te geniet. Ons beveel aan dat julle so vroeg moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom.

Neem asseblief kennis dat akkommodasie op ’n first come, first serve basis beskikbaar is, en ons waardeer julle begrip en samewerking hiermee.

450m vanaf venue

Stonekraal Bush Lodge

1.8km vanaf venue

Nyala Bush Camp

3.3km vanaf venue

Bakenkloof Private Game Reserve

8.6km vanaf venue

Cussonia Country Home

9.7km vanaf venue

Arendskop

10km vanaf venue

Bronberg Bastion

11km vanaf venue

White Linen Guesthouse

12km vanaf venue

Ingaadi Spa & Venue

Indien die bogenoemde opsies vol is, is daar nog verskeie ander lodges en akkommodasie beskikbaar in die area, tot ongeveer 18 km vanaf die venue. Hierdie alternatiewe bied genoeg keuses om iets te vind wat by jou behoeftes pas.

Belangrike Inligting

Alles wat jy dalk wil weet voor ons groot dag

Indien jy onseker is of hulp nodig het, is jy meer as welkom om die bruid te kontak.

Teen wanneer moet ek RSVP?

Ons sal dit baie waardeer as jy asseblief teen 25 Maart 2026 laat weet of jy dit kan bywoon, sodat ons alles betyds kan finaliseer. Indien ons nie teen hierdie datum van jou hoor nie, sal ons ongelukkig aanvaar dat jy dit nie kan bywoon nie en sal ons jou plek nie kan bevestig nie.

As jou uitnodiging ’n metgesel insluit, sal dit duidelik op die uitnodiging aangedui word. Ongelukkig kan ons nie ekstra gaste akkommodeer wat nie op die uitnodiging vermeld word nie.

Kinders is welkom by ons troue. Ons vra net vriendelik dat julle asseblief op die RSVP aandui indien julle kinders saambring. Dit sal die ouers se verantwoordelikheid wees om na hul eie kinders om te sien. Ons is albei baie lief vir kinders en sien daarna uit om hierdie spesiale dag saam met julle en julle gesinne te deel.

Gaste is welkom om vanaf 14:30 aan te kom. Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra vriendelik dat almal betyds sal wees. Gaste wat ná 15:00 arriveer, sal ongelukkig eers ná die seremonie toegang tot die venue hê.

Ons vra vriendelik dat gaste asseblief nie foto’s neem tydens die seremonie nie. Ons het professionele fotograwe aangestel en wil graag hê dat almal die oomblik ten volle kan inneem en beleef met hul eie oë, en nie deur ’n foon se skerm nie.

Daar sal ook voor die seremonie aangekondig word dat dit ’n unplug-seremonie is. Ons vra asseblief dat geen foto’s van die bruid of bruidegom op sosiale media geplaas word voordat ons dit self gedeel het nie.

Die kroeg is kontantloos en elke gas is self verantwoordelik vir hulle eie rekening. Gaste is welkom om voor en na die seremonie drinkgoed te geniet by die buitekroeg, net buite die seremonie-area.

Ja, daar is voldoende en veilige parkering beskikbaar by die venue. Parkering sal duidelik aangedui word deur wagte wat op die dag sal help om gaste te rig en na die voertuie om te sien.

Ja, daar is verskeie verblyfopsies naby die venue. Sien asseblief die Akkommodasie-afdeling hier bo vir ons aanbevele opsies en verdere besonderhede, asook ander alternatiewe binne ’n kort ryafstand. Indien jy onseker is of hulp nodig het, is jy meer as welkom om die bruid te kontak.

Nee, alle drinkgoed sal by die venue se kroeg beskikbaar wees.

Wat moet ek nie vergeet nie?

Jou dansskoene en jou goeie vibes, dis tyd vir die #ScholtzCelebration

Geskenke & Geskenkregister

Julle teenwoordigheid op ons groot dag is vir ons werklik die grootste geskenk.

Indien julle graag iets wil gee, sal ’n kontantbydrae met opregte dankbaarheid ontvang word om ons nuwe lewenshoofstuk saam te begin. Sou julle eerder ’n fisiese geskenk verkies, is julle welkom om iets te kies wat ons saam kan gebruik in hierdie nuwe fase van ons lewens. ’n Geskenktafel, met ’n koevertboks vir kontant bydraes, sal op die troudag beskikbaar wees.

Bankbesonderhede vir kontantbydraes:

Bank: FNB
Rekeninghouer: Dylan Scholtz
Bankrekening: Savings Account
Rekeningnommer: 62910160308
Tak Kode: 250655
Verwysing: Jou Naam

Dis Tyd om te Vier

Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met julle te vier nie.

Dit sal vir ons ’n groot voorreg wees om julle teenwoordigheid te hê terwyl ons, ons liefde vier en ’n nuwe hoofstuk saam begin. Julle is deel van ons storie, en ons sal dit nie dieselfde kan beleef sonder julle nie.

RSVP sluit op: 25 Maart 2026

Belangrike notas:

RSVP is nodig vir alle gaste

Spyseniers- en sitplekreëlings word volgens bevestigde RSVP’s gedoen.

Indien julle nie kan bywoon nie, laat weet ons asseblief ook.

As jy sê jy’s in, is jy in! 🕺💃

As jy nie-opdaag na ’n bevestigde RSVP nie, kan dit lei tot ’n vriendelike rekening vir jou plek by die tafel.